Photos

Die Geheim van Geluk

Stel die Here op die proef dan sal julle sien hoe goed Hy is.

Iemand wat by Hom skuil, sal bly wees.

Psalm 34:9

Tuesday, September 7, 2010

Die pyn (vervolg)

Sy pa was eenkeer in die hospitaal en hulle het in 'n volgende dorpie gebly. Ons as kinders was by hulle vir die vakansie en een aand moes ek weer saam met hom ry om by sy pa te gaan kuier in die hospitaal. Sy vrou, my boetie en hul seuntjie het by die huis gebly. Hy kon nie gou genoeg stop nie. Naby hulle huis was 'n brug en ons was skaars in die motor of hy stop by die brug. Ek het baie keer net gevoel ek wil weghardloop en nooit weer terug kom nie, hierdie aand was weer een van daardie aande. Hy het gestop my broekie afgetrek, my begin betas, sy vingers diep binne in my ingedruk en my so gekrap dat ek deur die dak wou klim. Ek wou skree van die pyn, maar elke emosie ingehou. Hy wou gehad het ek moet orale seks met hom hê. Ek het my tande so hard op mekaar gebyt dat my hele kop gepyn het. Ek kon daardie stank aan hom in my neus ruik. Nadat hy klaar was het hy my klere reggetrek. Hy het uitgeklim, agter die motor gaan staan en urineer. Ek het gou omgekyk waar hy was met die vrees wat gaan hy volgende doen. Dit was op daardie stadium dat ek gevoel het as ek uit hierdie voertuig kan wegkom moet ek dit nou doen. Maar die vrees vir die donker en die vreemde plek het my laat bly.

En wat as hy my in die hande kry waarmee gaan hy my dan straf. Hy het teruggeklim, die motor aangeskakel en na die hospitaal gery. Ek wou huil maar het geweet dat ek nou nie eers sal waag om te huil nie, want wat as hy weer stop? Hy het daar gesit en gemaak of daar niks fout is nie.

Het hierdie man nie 'n gewete nie?

Wat my ook gewalg het wat dat ek so baie in hierdie man se geselskap moes gewees het. Wat het ek so baie  by hulle gesoek? En hierdie dade het so gereeld gebeur. Hy het altyd met 'n kombers voor die TV gesit. Hy sou my dan mooi laat verstaan dat ek naby hom moet sit. Onder die kombers naby hom. Die man wil darem nie sukkel om elke keer by sy slagoffer uit te kom nie. Sy vrou sou in dieselfde vertrek as ons sit en hy sou sy hand by my broekie indruk en my betas. Die pyn was baie keer so erg dat ek voel hoe dit deur my liggaam sny en ek kon nie 'n geluid maak nie. Sy lang naels wat binne in my krap, my liggaam wat na die tyd soos 'n rou stuk lewer voel. Maar die vrees wat ek as kind vir hom gehad het sal net God verstaan.

Hierdie soort mense is sulke wrede mense wat jou so bang maak dat jy liewer sal stilbly sonder om enige iets te sê omdat jy so bang is wat hy dalk volgende gaan doen om dit nog erger te maak. 'n Vrees wat self by jou bly as jy reeds 'n volwasse vrou is. Jou liggaam het in spasma ingegaan net om te dink hierdie man doen dinge wat so seer is en die naar kol op die maag elke keer wat dit gebeur het. Ek wou opgooi net om aan sy hande en skoene te dink want dit is waar ek in moes vaskyk. En daardie reuk wat aan sy lyf geklou het. Hierdie vrees het my self in die nag gejaag as ek gaan slaap het.

Ek kon nie aan die slaap raak as ek nie op my maag gelê het met my een hand oor my borste en my ander hand oor my privaat dele nie. Dit was of ek alles wou toe hou wat hy dalk aan wou kom vat in die nag.

Self as ek in my eie bed geslaap het was dit al manier hoe ek aan die slaap kon raak. Dit was of daar 'n beskermde kombers om my was. Dan was daar die nagmerries wat ek gereeld gekry het. Hoe die man my rondjaag en ek nie kan skree nie dat daar net skuim by my mond uitkom en geen geluid nie.

Op daardie jong ouderdom druk hierdie persoon jou as klein kind om 'n dubbele lewe te ly. Een van gemolesteerde dogtertjie (wat net jyself van weet) en een van die gelukkige dogtertjie by die huis wat as die voorbeeldige kind probeer lewe. (Terwyl niemand net uitvind van die donker geheim nie). Jy het as kind nie veel beter geweet as om net te doen wat hierdie man jou beveel nie. Die vrees kan ek vandag as volwasse vrou nie glo dat een persoon soveel mag kan uitoefen en 'n kind so bang maak nie. Die leuens wat ek moes vertel en meer moet saam lewe was vreesaanjaend.

Ek het hierdie man met 'n passie gehaat. Elke oomblik wat hy my betas het, die blou kolle oral op my privaatdele na hy klaar was, die pyn wat ek vir dae moes saamdra. Hy het baie keer nie eers my liggaam kans gegee om te genees nie voor hy dit weer doen nie. Alles wat hy gedink het is baie lekker vir my en omdat ek net te dankbaar moet wees dat hy my hierdie guns doen en hierdie "liefde" aan my betoon.

SIEK, SIEK, SIEK.

Hierdie dade het vir jare aangegaan en al het ons al die jare daarna weg getrek en nie meer in dieselfde dorp as hulle gebly nie moes ek hom nog sien as hulle kom kuier. Ek het gevlug deur koffie in die kombuis te gaan maak maar dit het hom nie afgesit nie.

Ek sou gou as moontlik met my maag teen iets gaan staan dat hy nie aan my kon raak nie.  Hy sou ingestap het en sy hand ingedruk het tussen my en die kas of wasbak waarteen ek gestan het en my betas terwyl sy vrou en my ouers in die sitkamer sit en kuier.

No comments:

Post a Comment

Blog Archive