Vroue soos ek en jy, die meisie langs jou, die vrou wat saam met jou werk, jou suster, jou ma, jou vriendin, die vrou in die straat - kosbare vroue wat met soveel hartseer sit.
Ons het soveel stukkende vroue daar buite en ek glo dat in ons lewens tog volkome kan kom.
Al voel dit dat daar geen meer hoop oor is nie, dit is wanneer die wonderwerke in ons lewe kan gebeur.
Hoekom ek? Hoekom nie iemand anders nie? Nie dat ek dit enige een van my vyande sal toewens nie. Daar was so baie ander dogtertjies om my - hoekom het hy my uitgekies om te misbruik? Het ek dan soos 'n seer vinger uitgestaan dat dit ek moet wees? Het ek soos die gewillige slagoffer gelyk? Op watter stadium het hy besluit sy is nou reg - hy kan nou met die molestering te begin - aangesien hy al die tyd van my geboorte in my lewe was?
Waar begin 'n mens se lewe?
As jy gebore word?
As jy begin skool gaan?
As jy jou eerste kêrel kry?
As jy trou?
As jy jou eerste baba in jou arms vashou?
Hoeveel keer voel dit of dit vandag die eerste dag van my lewe is? Ek het begin lewe nadat ek deur my genesings proses is op 36 jarige ouderdom.
Dit is my verhaal.
Ek is gebore as die dogter van 'n onderwyser-pa en 'n ma wat voldag gewerk het. Baie algemeen sal jy dink.
Nou wat het verkeerd geloop dat my lewe eers op 36 jaar begin het. BAIE!!
Daar was dae dat ek gevoel het dit kan maar net ophou.
Ons het in 'n klein dorpie groot gewrod, waar my pa vir die eerste paar jaar van my lewe die koshuis vader was van 'n laerskool koshuis. Hier het ek met baie kinders in aanraking gekom. Verskillende mense met verskillende agtergronde en lewens (baie dalk met dieselfde probleme waarmee ek gesit het.)
Dit het my nie baie gepla nie aangesien ek nog klein was. So jy kan vaagweg onthou wat om jou aangegaan het. Maar eendag het daar iets gebeur wat ek sal onthou tot die dag dat ek my kop sal neerlê. Vir my, klein dogtertjie is dit iets wat jy nie weet hoe om te hanteer nie.
'n Oom wat sy hande nie kon tuis hou nie en dit is hier waar die Hel begin het. Wat dit erger gemaak het is dat dit familie is en waarna toe hardloop jy, wie gaan luister, wie gaan help en wie gaan iets daaraan doen. En om dit nog erger te maak is die duister dae wat ek saam met hierdie man moes deurbring aangesien almal mos dink dat hy die wonderlikste persoon op twee bene is, almal wil help, die barmhartige samaritaan en niemand maar NIEMAND kan kwaad aan doen nie. Die dreigemente van sy kant af wat my bang maak met die woorde "dit is ons geheim en jy mag vir niemand daarvan vertel nie" net om na hom te kyk en om te weet ek moet maar net saamgaan waar hy ook al besluit die beste plek sal wees om sy dade met my te pleeg. Die besitlikheid oor my dat ek net sy besitting is en syne alleen om te gebruik wanneer en waar hy wil.
Daar was kere wat so uitgestaan het. Die wat my vandag nog walg. Een van hierdie kere was dat hy by ons (ek, sy seuntjie en my boetie) in die kom klim het om te doen wat hy wil doen. Ons het as kinders graag saam op 'n dubbel bed geslaap. Die kamer was langs hom en my tannie se kamer. My Tannie het vroeg in die oggende uitgegaan om te gaan werk. Ons kinders het by hom agter gebly. Hy het altyd laat geslaap maar was baie gou op as sy die huis verlaat het en het dan kaal by ons in die bed kom klim. Hy het met sy dinge begin. Sy hande kon nie gou genoeg my slaapbroekie van my lyf af kry nie. Ek het soos 'n standbeeld daar gelê. Het met alle mag my bene toe probeer druk dat hy nie aan my kon vat nie. Dit het hom nie afgesit nie en hy het net my bene van mekaar afgetrek. Die vrees wat daardie tyd deur my liggaam gegaan het sal ek onthou vir die res van my lewe. Ek was so bang hy doen iets aan my boetie ook. Ek het hom so ver moontlik van my boetie af prober hou. Gelukkig vir my boetie was sy belange by my en nie hom nie. Hy was nie eers bang dat my boetie of sy seuntjie sou wakker word en alles sou aanskou nie. Hierdie man was so arrogant dat hy vir niemand bang was nie. Dalk het die gedagte dat hulle te klein was om te verstaan wat hy aan my doen hom net gerus gestel om dit enige plek met my te doen. Sou ek ooit verstaan hoe hierdie man se brein werk?
Ek moes ook elke keer aan hom vat. Ek het dit met alles in my wese gehaat. Ek wou nie naby hom wees nie.
Ek was so bang en wou dit net oor kry. En elke keer was daar net weer vir my gesê dat ek moet onthou dat dit ons geheim is en dat ek niemand moet vertel daarvan nie.
Hulle het 'n inry-teater gehad en daar het baie van sy dade met my plaas gevind in die dag as niemand daar was nie. Hy het my greeld na die kafeteria van die inry-teater in die dag geneem en die deur agter ons gesluit. As hy met my na daardie gebou toe gestap het, het ek geweet, "Melanie hier gebeur dit weer", Ek was so bang dat ek gevoel het hoe my hande gebewe het elke keer as hy net nader gekom het al die pyn wat ek na die hele gebeurtenis moet wegsteek vir die wêreld en mense daar buite. Ek was blou, gekneus en het so gepyn elke keer as ek my bene teen mekaar gedruk het. Self net die aanraking van my onderklere was ondraaglik. Geen genade vir 'n klein dogtertjie liggaam wat nie gemaak is vir hierdie gebeure nie.
Hi Melani ek het innige simpatie met jou ek het ook nare ondervindinge as kind van 5jaar ervaar. En ek stem saam dit sal by jou bly totdat jy die dag sterwe.
ReplyDelete