Photos

Die Geheim van Geluk

Stel die Here op die proef dan sal julle sien hoe goed Hy is.

Iemand wat by Hom skuil, sal bly wees.

Psalm 34:9

Thursday, September 2, 2010

Waarom?

Daardie gevoel van jy is vuil elke keer as hy met jou klaar is. Hoe moet ek self-respek hê as ek nie van my eie liggaam hou nie. En die vrees waarmee jy elke dag moet saam leef. Ek was ryp gedruk deur die samelewing - my kind wees was van my gesteel deur 'n pedofiel.



Ek het alles probeer om net 'n normale lewe te lei en nie met die klad op my naam saam te lewe nie. Soos dit ook dan is het ek in 'n klein dorpie groot geword en in 'n tyd waar hierdie gebeure taboe was om oor te praat of enigsins in 'n geselskap te noem. Dit is jou monster en jy moet maar alleen met hom saamleef en saamdra. Dit is iets wat net stil gehou moet word want dit kan dalk jou toekoms-planne in die wiele ry. Bly lewer stil en ek het!

Ek het as 'n Christen meisie groot geword wat gereeld kerk toe gegaan het. Bybel lees en bid elke dag was vir my genoeg om 'n Christen te wees. Daar was 'n verhouding tussen my en God - het ek gedink! Steeds was ek nie gelukkig nie al het ek tog elke dag my bybel gelees en nie verkeerde dinge gedoen nie. Daar was so baie wat ek in my lewe gemis het en vir jare het ek genesing gesoek vir hierdie verskriklike pyn wat ek moes saamdra. Daar was gevoelens wat ek nie geweet het om te hanteer nie want my liggaam en gees wou nie saamwerk nie.

Na 'n lang soektog het daar wel vir my genesing gekom en hier is my verhaal van hartseer en volkome genesing. Ek wil graag hierdie genesing met ander vroue deel wat deur dieselfde hartseer en pyn gegaan het of nog steeds gaan. En hulle die gemoedsrus gee dat daar wel genesing is vir die wonde wat baie keer so diep is dat dit dalk jare kan vat om te genees.




No comments:

Post a Comment

Blog Archive