Photos

Die Geheim van Geluk

Stel die Here op die proef dan sal julle sien hoe goed Hy is.

Iemand wat by Hom skuil, sal bly wees.

Psalm 34:9

Wednesday, September 1, 2010

Hoekom? Hoekom?

Hoeveel keer het  jy al dalk daardie vraag gevra? Hoekom het dit met my gebeur?

Ek gaan vir jou 'n bietjie meer van my vertel en waar hierdie vraag ontstaan het in my lewe.

My naam is Melanie Herholdt. 'n Getroude vrou, 38 jaar oud met 'n wonderlike man en  twee pragtige seuns. 'n Lewe wat ek daagliks lewe. Nou wat maak my dan so anders?

Hier is my verhaal en die rede hoekom ek hierdie blad begin het.

Die inspirasie vir hierdie blad het gekom deur gebeure wat in my lewe van 38 jaar gebeur het en die vrae wat daarmee gepaard gaan. Vir baie jare het ek so baie vrae gehad maar kon net nie die antwoorde daarvoor kry nie.

In die tyd wat al hierdie vrae en hartseer net te veel geword het vir my om alleen te dra het ek dit ook met ander vroue om my begin deel en tot die gevolgtrekking gekom dat daar so baie vroue is wat met dieselfde hartseer en vrae in hulle lewe leef en dalk nog steeds met die geheim moet saam lewe, verberg in hulle hart en siel.


Van die dag dat ek kon onthou tot en met my tienerjare is ek deur my oom gemolesteer. Met hierdie verskriklike dinge wat in my lewe gebeur het, het dit vir my baie keer gevoel of alles net dood is binne in my. Daar was nie die normale verloop van die lewe vir my nie.

Liefde was nie vir my mooi nie, my liggaam was nie vir my spesiaal nie. Ek het van kleintyd af geleer om nie te vertrou nie, want as liefde en omgee so seermaak elke keer as hierdie man aan my vat wil ek nie liefgehê  word nie.

No comments:

Post a Comment

Blog Archive